Aarddraak (astrologie)

戊辰

Die Aarddraak (戊辰, wùchén) is die vyfde jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die vyfde Hemelstam (戊, ; die element Aarde en Jang) met die vyfde Aardtak (辰, chén), gesimboliseer deur die Draak (龍, lóng).

Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Aarddraakjaar het in 1988 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 17 Februarie 1988 tot 5 Februarie 1989.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy